Terug na vorige bladsy

Familie geskiedenis in Friesland

Die stamvader van die afstammelinge van Ohrigstad - Lydenburg distrik

Ruurd Willems van der Wal:  (05/08/1825 - 10/01/1871)

                   

 

 

 

Foto van: Ruurd Willems van der Wal (die stamvader).

Ruurd Willems van der Wal kan met reg as die 'stamvader' van die afstammeling van Ohrigstad - Lydenburg distrik beskou word. Die hele VAN DER WAL nageslag het hier in Suid-Afrika ontstaan as gevolg van die VAN DER WAL broers: Willem Ruurd, Jan en Sake van der Wal wat uit Friesland in die laat 1800's na Suid-Afrika toe geimmegreer het. Hulle vader Ruurd Willems is op 'n vroëe ouderdom van 46 jaar oorlede in Friesland. Sy eerste vrou,  Klaaske Jans van den Berg sterf op 25 Augustus 1853 kort na hulle 4de kind se geboorte, Jetske.

 Uit die huwelik word 4 kinders gebore, maar slegs 2 oorleef:

bullet    Ymkjen, gebore op 30 Oktober 1845 in Idaarderadeel, oorlede voor 1846.
bullet    Ymkjen, gebore op op 9 Desember 1846 in Idaarderadeel, oorlede voor 1851.
bullet    Ymkjen, gebore op 13 Junie 1851 in Idaarderadeel, Friesland.
bullet    Jetske, gebore op 28 Junie 1853 in Idaarderadeel, Friesland.

In die jaar 1856 tree hy weer in die huwelik met Hendrika Petronella Schelhaas. Uit hierdie huwelik word 5 kinders gebore:
bullet    Janna, gebore op 16 Junie 1857 in Idaarderadeel, Friesland.
bullet    Willem Ruurd, gebore op 03 Augustus 1860 in Idaarderadeel, Friesland, immergreer na Suid-Afrika.
bullet    Jan, gebore op 18 Julie 1862 in Lemsterland, Friesland, immergreer na Suid-Afrika.
bullet    Sake, gebore op 04 Desember 1864 in Lemsterland, Friesland, immergreer na Suid-Afrika.
bullet    Jansje, gebore op 07 April 1866 in Lemsterland, Friesland.

   

Hierdie is vermoedelik die stammoeder van Nederland. Die foto links is in Amsterdam geneem, en die foto regs op Doornhoek jare later.

Die vermoede bestaan dat sy 'n besoek kom aflê het aan haar seuns in Suid-Afrika, te Doornhoek.

('n familielid wat die foto verskaf het, kan onthou toe sy as kind was, aan haar gesê is dat dit haar oumagrootjie is)

Die twee susters Janna en Jansje het in Nederland agter gebly. Jansje is in die huwelik bevestig met Generaal Jan Braggaar.

Ruurd Willems se ouers was:  Willem Ruurds van der Wal en was getroud met Ymkjen Sakes Rinsma in die jaar 1824. Volgens rekords het Ruurd Willems 'n broer gehad, Sake gebore op 5 November 1827, wat in die jaar 1858 getroud is met Derkje Jans Grote. So ver as wat vasgestel kon word, is daar een seun in die huwelik gebore: Ruurd,  op 20 November 1859.

Meer oor Jansje Braggaar (née van der Wal)

Terug na vorige bladsy

Bogenoemde inligting is bekom met behulp van geregistreerde Genealogiese Navorsers in Nederland. Alhoewel daar tot die uiterste gegaan word om inligting so akkuraat as moontlik te plaas, kan die feite nie 100% gewaarborg word nie.